Bush Analysis
Bosontledings
Ontledings behoort op die plaas gedoen te word en die tyd van die jaar wanneer bos ontleed word, moet ook in ag geneem word. Ontledings verskil van area tot area en ook die tyd van die jaar. Onderstaande tabel kan as 'n riglyn dien.
analised_bush.pdf | |
File Size: | 68 kb |
File Type: |
Voorbeelde van nie geskikte vesel vir boskos - Te grof
Voorbeeld van geskikte vesel - wollerige voorkoms en lyk soos gesnipperde gras
Oes en verwerking van die bos:
Die resep moet die laaste groot probleem wees. Ons het met ons eie mengsels begin met geen ondervinding. Voedingswaardes en mineraalsamestellings kan ook van area tot area verskil en behoort op elke person se plaas getoets te word. Die belangrikste is seker dat die boer sy diere ken en hulle dophou om te sien hoe hulle op die voer reageer.
Wees versigtig met die byvoeging van allerlei chemikalië. Van hierdie middels kan teen mekaar werk en diere negatief beïnvloed.
Wanneer die eerste keer boskos gevoer word, is dit raadsaam om eers met ‘n kleiner hoeveelheid te begin om diere te laat aanpas. Dit kan gebeur dat diere hulle oorvreet as gevolg van honerte en die mikrobes in die pens nog nie aangepas is vir die nuwe voer nie.
Ons gebruik die volgende resepte met groot welslae vanaf 2011:
Onderhoudsvoer:
- Gemaalde bos: +-80%
- Molasse stroop: +-8-12%
- Sout: +-0.5%
- Urea: +-1%
- Phosphate P23 +-0.75%
- Chop of mielies +-5%
- Kameeldoringpeule +-4.5%
- PEG 0,178kg per 500kg Boskos (Gevaarlike chemikalië - moenie oordoseer nie) Verlaag vir skaap
Groeivoer:
- Gemaalde bos: +-65%
- Katoenkoek: +-12%
- Molasse Stroop: +-10-12%
- Chop/Mieliemeel: +-5%
- Sout: +-0.5%
- Urea: +-1%
- Fosfaat P23 +-0.75%
- Kameeldoringpeule +-6%
- PEG 0,178kg per 500kg Boskos (Gevaarlike chemikalië - moenie oordoseer nie) Verlaag vir skaap
|
phone |
+264 81.475.6395
|
facebook
|
Ankawini Safari Ranch
@ankawini_weddings |