Boskos van indringer bos:
Een van die ander aspekte van die boerdery is die vervaardiging van boskos vir bees, skaap, bok en wild uit indringer bos. Ons probeer die oormatige gebruik van chemikalië ontmoedig en probeer eerder boere aanmoedig om bos volhoubaar te benut.
Hierdie gedeelte word gereeld opdateer soos nuwe inligting en metodes bykom en ons wil graag aanbeveel dat u hierdie blad gereeld besoek.
Kursusse word ook gereeld aangebied.
Ons deel graag ons praktiese ondervinding sedert 2011. Ons is nie voedingskundiges nie en het maar uit nood betrokke geraak in die gebruik van boskos. Hierdie gedeeltes kan as ‘n handige gids gebruik word maar ons beveel aan dat profesionele hulp bekom word wanneer daar van ons basiese aanbevelings afgewyk word. Hierdie gedeeltes behoort as ‘n basies riglyn gebruik te word en ons kan nie verantwoordelik gehou word as daar enige skades of beserings opgedoen word nie.

Waar alles begin het:
Boskos is die woord op bykans elke boer se lippe is in tye van droogtes en voerkrisse. Dit was ook maar die geval in ons situasie.
2010-2011 het ons ‘n ver bogemiddelde reenjaar gehad met 1300 mm in ons 350mm gemiddelde reenval gebied.
September 2011 het die weerlig een van die bergreekse om die plaas aan die brand geslaan en alhoewel ons geglo het, ons is goed voorbery vir veldbrande, het 80% van die 7000Ha plaas binne 6 ure afgebrand.
Ons was nie werklik te bekommerd nie want dit was September en tyd vir die “Klein Reenseisoen”. Toe ons egter 20mm reen kry, het ons besef die skrif is aan die muur. Ons het begin om gras en lusern aan te koop maar gou besef dat dit nie volhoubaar is nie. Ons het op daardie stadium 650 bees en ‘n groot verskeidenheid wild gehad, wat gevoer moes word.
Baie ure het in gebed, navorsing, oplees en planne maak, ingegaan.
Ons het ‘n groenvoerkamer opgerig waarin ons garssaad met mielies ontkiem het en 1-ton groenvoer elke dag geproduseer het. Die probleem hiermee was egter dat hierdie groenvoer nie alleen gevoer kan word nie maar met 40% ruvoer gemeng moes word. Dit was iets wat ons nie gehad het nie. Verder het die afgelaaide prys van garssaad in die droogtetyd 3 maal duurder geword.
Ons het skielik eendag gewonder waarom ons nie die bos waarvan ons geweldig baie het, kan verander dat dit soos gras lyk nie. Ons het op klein skaal begin en skielik besef hier het uitkoms gekom.
Baie mense het vir ons gesê bees en skaap eet nie bos nie en dat dit nooit sal werk nie. Ek dink nou bykans 9 jaar later weet ons dit is nie die geval nie en daar is ongelooflike waarde in die bos op my plaas ingesluit.
Ons het gou besef dat die bos nie net ‘n uitkoms as noodvoer deur droogtes is nie maar ‘n uitstekende groeivoer kan maak. Ons het met ons groeivoermengsel gemiddel 1,5kg gewigtoename per dag op goeie kruis osse aangeteken. Die hoogste groei op ‘n Limousin/Bonsmara kruisos was 2.25kg per dag.
Hierna het dit gou vir ons duidelik geword dat ons met ‘n groot gedeelte van die bos sit wat reeds ge-oes is maar nie benut word nie. Dit het ons laat besef dat ons die hele bos moet benut om dit meer winsgewend te maak. Op die oomblik word alles dunner as 25mm gebruik vir voer, tussen 25mm en 40mm en die wortels gaan terug in die grond vir bemesting terwyl dikker as 40mm gebruik word om houtskool en vuurmaakhout te maak.
Dit het baie gou vir ons duidelik geword dat Boskos nie net ‘n hulpmiddel moet wees om ons deur droogtes te neem nie maar ‘n onsettende bate kan wees om diere vinniger te laai groei en mark gereed te kry.
Ons bootskap aan mede boere wat moedeloos is en nie weet hoe gaan ek my verpligtinge nakom, my diere aan die lewe hou en die droogte deurkom nie is, Meneer/ Mevrou, Jy is eindelik ‘n miljoenêr, jy besef dit nog net nie. Jou plaas wat bos ingedring is, het geweldige groot kommersiële waarde. Ons kry dit verniet. Ons moet dit net volhoubaar ontgin.

Hoe die proses werk en watter bos geskik is:
Die eerste belangrike punt is om vas te stel of ek genoegsame en geskikte bos op my plaas het. Hier is die fyn waarneming van die boer belangrik. Let op watter bos se takkies en blare die diere op die plaas vreet. Daardie bosse is uit die aard van saak geskik. Moenie bosse gebruik wat deur geen dier geëet word nie. Daar sal ‘n rede voor wees.
Die meeste bosse is egter geskik. Party het beter eienskappe en ander swakker eienskappe maar die ideal sou wees om die bosse op my plaas te ontleet en dan van die bosse te meng. Dit kan egter eers ‘n latere stap wees. Begin eers net om nou die droogte of krises te trotseer.
Moenie goeie of beskermde spesies uithaal of afkap nie. Daar behoort genoeg indringer spesies te wees. Goeie bosse kan wel gesnoei en daardie snoeisels benut word. Met baie bosse stimuleer snoei wel groei en is die nuwe uitgroeisels dikwels meer benutbaar vir diere wat wei. Daar moet egter gewaak word om nie die snoeiproses op bosse uit te rek nie. Takke moet so vining as moontlik afgesny word om nie die vrystelling van tanienne te aktiveer nie. Die snoeiproses van ‘n bos behoort veiligheidshalwe nie 10-minute te oorskrei nie.
Van die algemene bosse wat gebruik kan word is swarthaak, sekelbos, sandveld geelhout, driedoring maar daar is vele meer.
Bosse in verskillende streke gaan ook nie noodwendig dieselde voedingwaarde en smaaklikheid he nie. Op my plaas is diere nie baie lief vir sekelbos nie waar ‘n goeie vriend in die Noorde oorheersend sekelbos voer. Dit sal maar getoets moet word. Seisoene speel ook 'n rol in smaaklikheid.
Die ideale tyd om te oes is in die groeiseisoen wanneer daar vars groen blaartjies en sade of blomme aan is. Dis nie te sê dat daar nie deur die winter ge-oes kan word nie. Die kwaliteit van die voer en proteïeninhoud is net nou heelwat laer en daar sal oorweeg moet word om dalk ‘n bymiddel wat proteiene bietjie kan lig, by te voeg.
Bos wat in die groeiseisoen geoes is en deeglik gedroog is kan maklik vir ‘n jaar gestoor word. Die gesnipperde of gemaalde bos moet egter baie droog wees om vermentasie te voorkom. Die bos moet nie gemeng word met bymiddels soos byvoorbeeld molasses ens en dan gestoor word nie maar eerder ongemeng gestoor word. Indien dit klaar gemeng gestoor word kan vermentasie moontlik voorkom maar knaagdiere en miere kan dit ook aanval.
Moet nie blindelings voerontledings glo nie. Bosse se samestelling verskil van area tot area asook die tyd van die jaar wat die bos ge-oes is. Die ideaal is om die bosse op jou plaas op ‘n latere stadium te ontleed.
In die groeiseisoen trek die bos maksimaal wat hy uit die grond kan kry en stoot dit in sy blare, blomme en sade in vir die beste moontlike voortplanting. As daar in hierdie tyd ge-oes word, word al hierdie minerale in my voer opgeneem en my diere trek die voordeel.
Moet nooit takke dikker as 25mm gebruik nie. Hoe dunner hoe beter.
Die dun takke moet dan in vesel omskep word. Ons behoort nie gesnipperde bos te voer nie. Die ideaal sou wees indien die bosvesel lyk soos gesnipperde gras en 'n wollerige voorkoms het. Veral die breedte is hier belangrik en moet nie dik wees nie. Lengtes van rondom 10-12mm is ideal.
Baie goeie resultate word verkry indien verskillende bosse gemeng word. Saliebos is dikwels minder smaaklik maar bevat heelwat olies. 80% van die bosvesel kan byvoorbeeld bestaan uit ‘n basis soos swarthak of prosopis en die res kan opgemaak word uit sekelbos, blinkblaar, saliebos ens.
Taniene is ‘n baie kontraversionele onderwerp en ek verduidelik graag hoe ons dit verstaan en wat vir ons vanaf 2011 gewerk het. Wanneer ‘n dier aan ‘n smaaklike bos vreet, sal die dier moontlik aanhou eet todat die bos dood is. Dit lyk dan of taniene die natuur se manier is om die bos te beskerm om nie oorbenut te word nie. Taniene word dan na ‘n tyd vrygestel indien die dier te lank eet. Aanvanklik word die blaar bitter om die dier te keer om te veel te eet en later kan die dier doodgaan van tanienvergiftiging. Dit lyk dan ook of bosse wat taniene vrystel wat oorbenut word windaf met mekaar kommunikeer en volgende bosse ook as voorsorg begin taniene vrystel. Ons het ondervind dat wanneer ‘n bos afgekap, afgesny of uitgestoot word, ons geen tanienprobleme ondervind het nie. Wanneer diere in droogte tye in klein kampies wei en geforseer word om meer takkies van bosse te benut, kan meer taniene vrygestel word. Dit mag dan goeie praktyk wees om ongeveer 190 gram PEG op 500kg boskos in te meng. Chemikalië is egter gevaarlik en behoorlike toesighouding, opleiding, kontrole en berging is essensieël.
Belangrik is om onthou dat my boskos moet smaaklik en verteerbaar wees, oor voldoende proteïene, energie en fosfate beskik en ekonomies sin maak om die diere te onderhou of groei te versnel of afterond.

Bosontledings
Ontledings behoort op die plaas gedoen te word en die tyd van die jaar wanneer bos ontleed word, moet ook in ag geneem word. Ontledings verskil van area tot area en ook die tyd van die jaar. Onderstaande tabel kan as 'n riglyn dien.

analised_bush.pdf | |
File Size: | 68 kb |
File Type: |
Voorbeelde van nie geskikte vesel vir boskos - Te grof
Voorbeeld van geskikte vesel - wollerige voorkoms en lyk soos gesnipperde gras
Die kies van toerusting:
Hierdie is een van die belangrikste besluite om te neem.
- Moet nooit emosionele besluite neem nie. As jy gewag het tot die droogte aangebreek het en nou begin soek vir geskikte toerusting, is jy dalk ‘n geskikte kandidaat vir emosionele besluite. Goeie toerusting is baie skaars in droogtes omdat die vraag te groot is. Baie swakker en nie behoorlik werkbare masjiene kom in hierdie tye in die mark waarmee boere later sukkel of die masjien kan nie doen wat dit moet doen nie.
- Moenie oorkapitaliseer nie. Daar is lieflike reuse bos-oesmasjiene beskikbaar wat derduisende N$ kos. Vra altyd jouself af wanneer jy die geld gaan terugmaak. Indien jy N$3M aan toerusting spandeer sou dit nie dalk beter gewees het om maar eerder van jou diere teen ‘n verlies te verkoop nie.
- Die Kapasiteit van masjien word dikwels as ‘n maatstaf gebruik maar die beperkende faktore is om die bos vining genoeg by en deur die masjien te kry. Dit is egter belangrik om te bepaal hoeveel boskos per dag benodig word en daarvolgens ‘n hammermeul of kerwer te koop. Indien die behoefte minder as ongeveer 600kg bosvesel per dag is, is ‘n ordentlike hammermeul moontlik voldoende. Vir meer bosvesel sal ‘n kerwer en hammermeul of kerwer/hammermeul kombinasie oorweeg moet word.
- Die belangrikste toerustingstuk waarmee jy moet begin is iets om die bos fyn te maak.
- Hammermeul:As daar min diere gevoer moet word, kan daar dalk net met ‘n hammermeul begin word. Maak net seker dat die hammermeul snylemme het wat die bos sny soos dit ingaan voordat dit gehammer word. Maak verder seker dat die hammermeul groen bos kan maal en nie verstop as bos groen is nie.
- Boskerwer (Chipper)Indien meer as ongeveer 600kg bos per dag benodig word, moet daar dalk na ‘n kerwer gekyk word. Die ideaal sal wees om ‘n masjien te kry wat kerf en maal in een proses. Onthou elke masjien wat apart loop om die hout in vessel te omskep het energie nodig asook mannekrag. Indien kombinasiemasjiene gebruik kan word, word die bos minder hanteer, energie kostes en arbeidskostes kom drasties af. Oppas egter vir verkoopspersoneel wat jou oortuig dat die bos uit sy kerwer fyn genoeg is om diere te voer. Die gemaalde produk moet soos wollerige versnipperde gras lyk, nie soos takkies nie.
- Die goedkoopste metode bly die byl en panga manier. Jy gaan bietjie meer arbeid benodig maar min en goedkoop breuke. Dit is natuurlik arbeidsintensief.
- Kettingsae: Dit is dikwels moeilik om onder bome en bosse in te kom. Die ketting moet elke keer skerp gemaak word wanneer die saag se brandstoftenk volgemaak word anders sal die lewe van die ketting drasties verkort word. Personeel wat dit gebruik moet baie goed opgelei word en beskermde klere moet gedra word.
- “Brush cutters”: Hierdie masjien lyk soos ‘n “weedeater” wat in die tuin gebruik word behalwe dat dit ‘n vaste lem op het. Personeel wat dit gebruik moet baie goed opgelei word en beskermde klere moet gedra word. Onderhoud is redelik duur.
- Laaigraaf: Dis ‘n duur masjien en bande kan maklik beskadig word met stompe in die veld. Die voordeel is dat die wortels ook uit die grond gedruk word en die bos kan nie weer groei nie. Dit werk egter nie vir bosse met ‘n penwortelstelsel soos sekelbos nie.
- Industriële snymasjiene of knippers: vir groot industriële operasies kan hierdie masjiene oorweeg word maar vir die gewone boer is dit net te duur.
- Hierdie is defnitief een van die laaste toerustingstukke wat aangekoop moet word. Mens kan baie ver kom met die handmeng op ‘n sementvloer. Sprei alles in dun lae uit op ‘n gelyk skoon oppervlakte en vermeng met grawe.
- Die pilmasjien is noodsaaklik as die boer besluit om kommersieel met sy voer te gaan.
- Dit is glad nie ‘n vereiste om voer te maak nie maar is bitter gerieflik. Pille het 'n langer raklewe, word beter beheer en veroorsaak minder vermorsing.
Oes en verwerking van die bos:
Die resep moet die laaste groot probleem wees. Ons het met ons eie mengsels begin met geen ondervinding. Voedingswaardes en mineraalsamestellings kan ook van area tot area verskil en behoort op elke person se plaas getoets te word. Die belangrikste is seker dat die boer sy diere ken en hulle dophou om te sien hoe hulle op die voer reageer.
Wees versigtig met die byvoeging van allerlei chemikalië. Van hierdie middels kan teen mekaar werk en diere negatief beïnvloed.
Wanneer die eerste keer boskos gevoer word, is dit raadsaam om eers met ‘n kleiner hoeveelheid te begin om diere te laat aanpas. Dit kan gebeur dat diere hulle oorvreet as gevolg van honerte en die mikrobes in die pens nog nie aangepas is vir die nuwe voer nie.
Ons gebruik die volgende resepte met groot welslae vanaf 2011:
Onderhoudsvoer:
- Gemaalde bos: +-80%
- Molasse stroop: +-8-12%
- Sout: +-0.5%
- Urea: +-1%
- Phosphate P23 +-0.75%
- Chop of mielies +-5%
- Kameeldoringpeule +-4.5%
- PEG 0,178kg per 500kg Boskos (Gevaarlike chemikalië - moenie oordoseer nie) Verlaag vir skaap
Groeivoer:
- Gemaalde bos: +-65%
- Katoenkoek: +-12%
- Molasse Stroop: +-10-12%
- Chop/Mieliemeel: +-5%
- Sout: +-0.5%
- Urea: +-1%
- Fosfaat P23 +-0.75%
- Kameeldoringpeule +-6%
- PEG 0,178kg per 500kg Boskos (Gevaarlike chemikalië - moenie oordoseer nie) Verlaag vir skaap
Interviews and Media clips
The Opportunities
Equipment tested and recommended by us
Chippers
The Tomcat 250 Chipper was tested and in operation since 2013. We had excellent results with this machine.
Hammer-mills
Several hammer-mills were tested to mill wet and dry chips from a chipper. Excellent results was obtained from the 11kW Jones hammer-mill. 536.07 kg 15% humidity Swarthak chips were milled in an hour. Enquiries [email protected]
Pelletizer
Several pelletizers were tested and we found that not all machines can successfully press encroachment bush into pellets. Great care should be taken when choosing the correct press. We recommend the Jones Pelletizer. This machine is in operation since 2016 in our plant with excellent results. Enquiries: [email protected]
FAQ
Vraag: My koeie begin boskos opbring. Dit versamel ook in hul kieste wat ons moet uitkrap anders drink hulle nie water nie.
Answer by Dagmar Honsbein, BSc Wood Science, Mphil Chem Ing & Applied Sciences MA Development Finance:
I’m sorry to see boskos gives you trouble.
From the photos and what we discussed, the following is the problem:
* the type of material you use from the bush is more trunk material than branch and twigs
* the material is more chip like, than fibrous. Chips don’t digest easily and from a mat in the rumen and cause bloat/ throwing up. Add salt to assist the formation of bacteria in the rumen which are able to digest more coarse cellulose material
* stick to using branches thinner than 25mm; especially now in winter where wood lignifies after the first frost
* reduce your sieve size, and adjust / lower the rotation speed of the mill to ensure fibres are well milled
* reduce the wood fibre component in your ration for 2-3 weeks each time you move to a new harvesting area to help your livestock to adapt to the new bush types you have in the boskos.
* make sure the ration is not too dry when changing it. Moist boskos helps in adaptation period to build the right bacteria in rumen. If boskos is too dry, the rumen forms a foam causing bloat; the foam is also visible in the mouth area (almost rabies like). The animals also struggle to form enough saliva to aid digestion.
Question: What is the difference between charcoal and activated charcoal?

Activated carbon, also called activated charcoal, is a form of carbon or charcoal processed to have small, low-volume pores that increase the surface area available for adsorption or chemical reactions. 1g of active char has a pore surface area of 1/4 soccer field, or at least 500m2.
Oxygen or rather oxidising atmosphere is one of the ways on how to make active char. The processes in general are expensive tough.
It may be useful to add active charcoal / carbon to feed because of its very good adsorption properties and its cleanliness at 99.8% fixed carbon content. But it’s price and availability as supplement to our feeds in a normal farm setting is problematic. Prices are usually >15N$/kg.
You only buy this in tonnes if you are eg City of Windhoek water works. And they also buy in kg for the filter systems.
Charcoal fines from a well managed retort process (not from the open drum kiln process as mainly used in Namibia) can also be used. It’s fixed Carbon content is >75% and it still contains great micro elements like potassium, copper, sulphur, etc. This is already considered as very clean and good for use in animal feed.
But limit its addition to 1% of feed mix. You don’t your animals to get constipated.
Char and ash (not from your water donkey or braai vleis tough!!!!!) are great additives to counter effects of tannin or other anti-nutritive factors in feed in general, when chemical agents like PEG and Browse Plus are difficult to get.
Suksesverhaal: Andrew Deacon, Voedingskundige:
More. Ek het dr Christian se Rumenpro begin gebruik so 3 weke terug. Dis n probiotika en verskaf dus ekstra mikrobes vir vertering van vesel. My diere 260 loop in n kamp met nog effe weiding. Hulle het 700kg boskos gevreet vrywillig. n Week nadat ek Rumenpro ingesit het het hulle 1.3ton gevreet. Dit kan net wees agv gesonder rumen en beter vertering. Die verskaffer se navorsing wys dit kan groei met 180g per dag verbeter. Dit kos my 18c per bees per dag maar ek glo ek kry meer as 200g ekstra groei. Beveel dit aan
Vraag: Wat beteken "as" in voerontledings?
Answer by Dagmar Honsbein:
As is as, soos jy dit ken wanneer jy lekker gebraai het.
In analyses of this kind, it means any material that will neither be digested, nor destroyed at a temperature of at least 550 degrees Celsius. These are mostly mineral oxides contained in the wood, such as those from silicium, magnesium, calcium etc. As our bush grows on generally mineral rich soils, ash tends to be higher than 5% on weight basis.
Vraag: 'n Bees van my het in die voerkraal gevrek. Pens is oopgesny en die boskos lyk soos dit ingeneem is. Lyk nie na verteerder kos nie of mis soos 'n dier wat van die veld a kom nie.
Antwoord: Dr Christiaan Lichtenberg, Gobabis Vetenary Clinic:
Onthou dat bees en skaap herkouers is. Bees vreet 8 ure, herkou 8 ure, slaap en ander dinge 8 ure. Dws hou hulle dop! Herkou en mis hulle gereeld en mooi dan is hulle spysvertering reg. Tande belangrik, hoe fyner hulle die herkou kan maal hoe groter is die oppervlakte waarop die rumenmikrobes kan werk maar maal jy hom te fyn met die hammermeul hou die rumen op met sy mengaksie en spysvertering staan. Bees wat van honger vrek het nog altyd kos in sy grootpens en baie van dit lyk net soos hy dit ingeneem het. Slotsom: hou jou diere dop.
Vraag: Ek het n klompie ou ooie en koeie wat ek in die kraal voer. My mengsel is 300kg driedoringbos wat ek met n 10mm sif maal, 200kg mieliemeel en 25kg molasse stroop. Die koeie groei baie mooi, maar die ooie begin nou vrek. Het een oopgesny, die kos is kliphard aan binne die pens, so definitief n verterings probleem. Enige raad, voorstelle van aanpassing wat ek moet maak?
Antwoord: Andrew Deacon: Ek kry baie gevalle waar groter bees goeddoen en kleiner bees swakker vaar. So ook waar skaap swaar trek of vrek maar bees goeddoen. Kleiner diere se grootpens is nie so effektief soos groter diere. Hoe groter die tenk hoe beter. So aanpassing is meer belangrik by die kleiner diere. Dan het kleiner diere 'n heelwat hoër protein behoefte en is nie so effektief om ureum te benut nie. Enigste kritiek op daai mengsel is dit kort proteinbron vir skaap wat ook vertering sal aanhelp.
Antwoord: Dagmar Honsbein: Aanvullend by Andrew.
My ervaring is dat PEG / ureum nie goed werk vir kleinvee.
Ook hou kleinvee meer van korrels. Hulle kan dit beter verteer en dus is browse/ ureum nie nodig.
My raad: vervang die 1/2 van bos met lusern korrels of Breker 12 of 'n ander bron van protein (nie ureum!) vir die vlg 3 - 4 weke. Sit 2% sout by, andersins soek die diere net die lekker goed uit. Sout help ook dat ‘hout’ uitwerk/verteer en dat genoeg water in rumen kom om vesel te bevog vir beter vertering.
By boskos - maak seker dat die diere beweeg. Diere moet nie net op kraal wees nie wanneer dit veral los kos is nie. Die rumen aktiwiteit word bevorder deur beweging. Veral as diere gewoond was om kos te gaan soek, was die tyd tussen happe vat en vertering langer. En die rumen dus nie altyd vol nie. Nou staan hulle op kraal en vreet net, maar verteer nie .
Wanneer die probleem opgelos is, moet die ransoen herdink word vir hierdie diere. Daar kan nie net energie/ vesel in wees nie.

CONTACT US
|
phone |
+264 81.475.6395
|
facebook
|
Ankawini Safari Ranch
@ankawini_weddings |